Die werklikheidsreeksdeelnemer het reeds verskeie kere in die hof verskyn nadat sy op Vrydag 20 Julie in hegtenis geneem is. Die klaer het ’n saak by die Modimolle-polisie aanhangig gemaak en beweer dat sy R10 000 in Els se rekening inbetaal het vir ’n wildbewaringskursus wat Els sou aanbied, maar wat nooit plaasgevind het nie, het AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, vroeër gesê.
Volgens Els is die geld reeds aan die vrou terugbetaal.
Els, wat in die hof bygestaan is deur haar pa Anton en broer Marcus wat van Amerika af teruggekeer het, het haar ma Trudie ’n maand gelede aan die dood afgestaan ná ’n lang stryd teen kanker.
Die saak is uitgestel omdat die uitslag van die vertoë nog nie afgehandel is nie. Els se borgtog is verleng.
Die nuwe reeks van Boer Soek ’n Vrou het die afgelope week begin wys.



