Hoërskool Warmbad se gr. 9A’s se groen-groente-groepsprojek het op Maandag 12 November hul eerste sakke kompos van vrygewige borge ontvang. Heino van Graan (15) het, in samewerking met die skoolpersoneel en -bestuur, die projek begin. Die groep beoog om met hul projek groente aan minderbevoorregte leerders en ouers te verskaf en hulle te help om self groentetuine te begin. Inwoners het hulpbronne, soos ’n nuwe groentetonnel, vir die projek geskenk. Mense wat betrokke wil raak, kan vir Heino bel by tel. 063 474 4245. Op die foto is hy in die tonnel op die skoolgrond met die sakke kompos wat geskenk is.
Leerders van regoor die land is besig met eksamen en vir sommiges is dit maar bloedsweet om te bly konsentreer terwyl die beloftes van seevakansie, Kersetes en lekker koue waatlemoen buite wink. Hier is die gr. 5-7-leerders van Laerskool Vaalwater, wat op Maandag 12 November met hul eindeksamen begin het.
Die jaarlikse gradeplegtigheid by Klein Treetjies-kleuterskool in Modimolle het op Donderdag 1 November plaasgevind. Die trotse ouers is vermaak met ’n revue wat almal laat glimlag het. Op die foto is Elmarie van Wyk, skoolhoof, by die gr. R-kleuters wat aanstaande jaar in gr. 1 is.
The speech choir (foundation phase) from the Lord Milner Primary School in Settlers gave a well-rehearsed performance during the school’s prize giving ceremony on Friday 2 November. The choir also achieved high praises during the recent ATKK Waterberg Arts Festival. They are coached by Mercia Bacon who is an educator at the school.