Local newsNews
Skade by bekende restaurant ná brand in kombuis
Volgens die eienaar het olie aan die brand geslaan.
Die Wimpy in Bela-Bela behoort weer vanmiddag sy deure te open nadat ’n brand gisteroggend net ná 09:00 in die kombuis ontstaan het.
Volgens Johnny Grahan, eienaar, het olie aan die brand geslaan.
Wimpy het gelukkig genoeg toerusting gehad om die vlamme te blus, maar heelwat skade is aangerig en kliënte moes die winkel verlaat. Grahan het almal bedank wat gehelp het om ’n krisis te voorkom.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



