Die Hansies se staatmaker in die eerste rugbyspan, Adriaan Grobler, het met sy vaart en vernuf met die hantering van die bal, baie druk op die spelers van Hoërskool Ellisras geplaas. Die Hansies het die kragmeting naelskraap verloor met ’n telling van 29-26.
Herman Steyn, Die Pos se bekroonde fotograaf, het die foto’s geneem.
Janita Hoffman van Hoërskool Hans Strijdom se eerste netbalspan het haar lengte en balvaardigheid goed ingespan en die opponente van verskeie balle beroof. Die Hansies se eerste netbalspan het vir Ellisras met 17-13 gewen.
Claudia van der Merwe van die Hansies se eerste netbalspan het puik verdedig en was ’n sleutelspeler in die Hansies se oorwinning van 17-13 teen Hoërskool Ellisras.
Johan Marais van Hoërskool Hans Strijdom se eerste rugbyspan, het die Hansies se eerste drie gedruk nadat hy die bal binne die eerste vyf minute van die wedstryd op die middellyn onderskep het. Hy het verskeie teenstaanders afgeweer om onder die pale te gaan druk. Ellisras het met 29-26 gewen.