Die Ecarte-gimnastiekkompetisie vir vlak 1-3-gimnaste het in Modimolle plaasgevind. Dit was die eerste kompetisie van die jaar en talle nuwelinge het deelgeneem. Die Warmbad-gimnastiekklub is veral trots op sy gimnaste se prestasie so vroeg in die seisoen. Voor is Mia Strydom (silwer toekenning). In die middel is Danieta Beneke (goud) en Amilia Louw (brons). Agter is Megan Holtzhausen (brons), Dirk Brits (brons), Pieter van Emmenis (silwer), Julian Hughes (brons) en Silara van der Merwe (brons).