Local newsNews
Abnormale swaarvoertuig tref kragpaal in Vaalwater
Die vragmotor het die kragpaal reg voor die EMS-ambulans- en nooddienste se kantoor getref.
’n Vragmotor wat ’n abnormale vrag vervoer het, het die afgelope week vir ’n kortstondige verkeersontwrigting in Vaalwater gesorg toe die vrag ’n Eskom-kragpaal getref het.
Volgens konst. Lesedi Mafalo van die polisie in Vaalwater het die gebreekte paal veroorsaak dat twee lewendige kragkabels op Dinsdag 28 Mei in Melkrivierweg in die dorp beland het.
Die vragmotor het die kragpaal reg voor die EMS-ambulans- en nooddienste se kantoor getref.
Die polisie was dadelik op die toneel en kon verkeer na twee ompaaie herlei terwyl Eskom in kennis gestel is.
Die Eskom-span het die skade binne vier uur herstel en die pad kon weer oopgestel word.
Niemand is beseer tydens die voorval nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



