Hoërskool Warmbad is baie trots op drie van hul rugbyspelers wat dié vakansie in provinsiale wedstryde gaan speel. Op die foto is Ofentse Mokwena (Cravenweek), afrigter Roelof Daling, Henrique Huisamen (reserwe vir die Cravenweek-span), afrigter Jacques Jooste en KT Sono (Cravenweek). Die Warries se eerste span speel ook op Saterdag 13 Julie in Mookgophong in die finaal van die Limpopo-liga teen Hoërskool Tom Naudé. Die Warries het in hul laaste wedstryd vir Stanford College oortuigend met 66-3 gewen. Foto: Herman Steyn
Dié tuimelgimnaste (regs) van die Warmbad-gimnastiek- en tuimelklub het op Saterdag 8 Junie aan die Summit-tuimelkompetisie in Pretoria deelgeneem. Amoné van Niekerk het ‘n tweede plek behaal, Megan Holtshauzen het brons gekry en Reinhard van Niekerk was ook tweede. Albert Groothof (inlas) was die wenner in sy ouderdomsgroep. Amoné en Reinhard het ook aan die Eagles-tuimelkompetisie in Benoni deelgeneem en goeie plekke behaal.
Hierdie vier rugbyspelers van Laerskool Nylstroom, Wihan Bezuidenhout, Tiaan Steffen, Juvan van der Merwe en HP van Heerden, is gekies om in die o.12-streekrugbyspan te speel. Hulle neem van 13-15 Junie aan die streekstoernooi by Swadini-vakansieoord buite Hoedspruit deel.
Die jaarlikse Limpopo-meesters rolbaltoernooi is op 25 en 26 Mei in Mokopane gehou. Ernest du Plessis van die Nylstroom-rolbalklub het die toernooi vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen. Christo van der Merwe oorhandig die trofee aan Du Plessis.