Local sportSport
Rugbyspanne hou moed ondanks nederlae
Die Kwagga-rugbyspan van Bela-Bela én die Nylstroom-rugbyspan van Modimolle het op Vrydagaand 7 Junie die wind van voor in die Waterberg-rugbyliga gekry.
Chris Goosen, Kwagga-afrigter, het gesê hoewel sy span goeie hardlooprugby gespeel het, het hul met 15-19 teen die Rhino4-rugbyklub van Northam verloor. Hy het gesê die span gaan nou fokus om tegniek en fiksheid te verbeter. Die span kom op Vrydag 21 Junie teen die manne van Vaalwater in Vaalwater te staan.
Jannie Venter, afrigter van die Nylstroom-rugbyklub, het gesê sy span staan steeds ’n kans om in die semifinale ronde te eindig al het hulle met 10-20 teen Thabazimbi verloor.
Die Nylstroom-spelers wat teen Thabazimbi uitgeblink het, was Jeandré Nieuwenhuis en Pieter Pretorius.
Die Nylstroom-klub draf op Vrydag 21 Junie teen Amandelbult uit in ’n wegwedstryd.



