LettersOpinion

Behuisingstekort stuur op ramp af

Die land se eko­nomiese groei­koers van minder as 1% kan net nie meer tred hou met die snelle bevol­king­saan­was van 1,5% nie.

Piet Mey, Vryheids­front Plus LP en hoof­woord­voer­der: mens­like neder­set­tings, skryf:

Almal in Suid-Afrika ver­dien mens­waar­dig­heid, ’n leef­bare woon­plek en kos op die tafel.

Die waar­heid is egter dat die land se eko­nomiese groei­koers van minder as 1% nie tred hou met die snelle bevol­king­saan­was van 1,5% nie en tot­dat dit nie ver­ander nie, sal daar werk­loos­heid en ar­moede wees.

Aan die ander kant is daar mense wat wel ’n bly­plek kan be­kostig, maar dan maak die gere­delike beskik­baar­heid daar­van dit weer on­moont­lik.

Daar is baie oor­sake vir die behui­singste­kort in die land. Een is on­wet­tige immi­grasie. Mense stroom onge­breideld oor die land se grense. Korrup­sie is ’n groot pro­bleem. Miljarde rande wat vir behui­sing aange­wend kon word, het ver­lore ge­gaan. Net so het die ver­lies aan kundig­heid ’n groot rol ge­speel.

Die behuisings­pro­bleem sal boonop vinnig ver­erger, veral weens die ont­vol­king van die platte­land weens ’n tekort aan werk. Mense stroom na die stede in die hoop om werk te kry.

Administr­a­tiewe en buro­kratiese romp­slomp vererger die pro­bleem. Daar is dui­sende hektaar grond rondom baie dorpe en stede wat aange­wend kan word vir behui­sing, maar faktore soos die herso­nering tot resi­densiële eien­dom kan jare duur terwyl daar ’n erge behuis­ings­krisis is.

Dit lei daar­toe dat mense opset­lik grond beset in die hoop dat dienste gelewer sal word en hulle so­doende gevestig kan raak.

Die behuisings­tekort is ’n ramp wat op Suid-Afrika afstuur. Baie faktore werk hand aan hand soos beleggers­vertroue, eko­nomiese groei, instro­ming en ’n sin­volle bevolkings­aanwas. Indien hier­aan gewerk word, is daar wel hoop vir die land. Pessimisme sal nie die probleem oplos nie.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button