Local sportSport

Die tyd is naby vir ’n nasionale kampioen uit Limpopo

Die vuis­te swaai en die sweet tap vier jong bok­sers van Mo­di­mol­le af waar hul­le hard aan die werk is voor hul groot ge­veg­te wat op na­sio­na­le te­le­vi­sie uit­ge­saai sal word.

Ntsa­ko Mi­yam­bo (25) is ’n plaas­li­ke mid­del­ge­wig­bok­ser wat op Son­dag 4 Augus­tus in sy eers­te pro­fes­sio­nele boks­ge­veg in die kryt saam met Chris Gouws sal rond­dans in ’n BMT Promotions-ge­veg in die Be­no­ni-saal.

Nog twee bok­sers van Obie’s Boxing and Fitness Gym by Hoër­skool Nyl­stroom is deur boks­pro­mo­tors Golden Gloves ge­nooi om in die kryt te wys wat in hul­le steek. Die bok­sers word af­ge­rig deur Peet Ober­hol­zer.

Ram­sey Hlong­wane (27) kom ook op Vry­dag 23 Augustus by Emperor’s Palace in sy eers­te groot ge­veg in die wel­ter­ge­wigaf­de­ling te staan teen Darrin Ros­souw. Sy oefen­maat, Lopez Ma­lu­leke (25), meet die­self­de aand krag­te in die ju­nior lig­ge­wigaf­de­ling teen Cayden Tru­ter. Tru­ter word af­ge­rig deur Harry Vol­brecht, ’n voor­ma­li­ge wêreld­kam­pioen, het Ober­holzer ge­sê. Dit is albei bok­sers se eers­te pro­fes­sio­ne­le ge­veg­te en dit sal op Supersport uit­ge­saai word.

Ka­rabo Mo­kupi (21), be­lo­wen­de bok­ser van Phaga­meng wat ook deur Ober­hol­zer af­ge­rig word, is in Fe­brua­rie in die vier­de ronde deur die er­va­re Kongo­lees, Augus­­tin “Big Ben” Ma­­t­a­­ta (28), uitgeslaan.

“Kara­bo het ’n paar waar­de­vol­le les­se ge­leer en is reg om weer sy man in die kryt te staan,” het Ober­holzer ge­sê.

Mo­kupi kom moont­lik op Vry­dag 30 Augus­tus teen Wade Groth, twee­de ge­keur­de mid­del­ge­wig­bok­ser te staan. Groth het uit sy ne­ge ge­veg­te nog net twee ver­loor. Mo­ku­pi het twee van sy vier pro­fes­sio­ne­le ge­veg­te ge­wen.

Vol­gens Ober­hol­zer is die prys­geld vir be­gin­ner­ge­veg­te slegs R5 000, maar suk­ses­vol­le bok­sers se prys­geld styg vin­nig. Die Suid-Afri­kaan­se titel­ge­veg is R150 000 werd.

“Die prys­geld is aan­vank­lik baie laag en bok­sers moet heel­wat meer as dit in­sit om op die vlak te kom waar prys­geld lonend is. Jong bok­sers het die hulp van bor­ge no­dig om bo uit te kom,” het Ober­holzer ge­sê. “Ons is baie dank­baar vir ons bor­ge. Son­der hulle hulp sou dié bok­sers nie al hul tyd en energie aan hul sport kon afstaan nie.”

“Ek glo dat hier ’n boks­kam­pioen uit Lim­po­po kan kom. Ons is nab­y aan daardie doelwit.”

Related Articles

Back to top button