Lifestyle

Die ‘groot skrik’ agter die stuurwiel

Ek weet nie hoe ander mense skrik nie, maar ek weet hoe ék rea­geer wanneer ek skrik.

As ek skrik terwyl ek bestuur — en ek bedoel gróót skrik, soos daar­die keer toe die sement­vrag­motor my rakelings gemis het — gee my linker­been so ’n onbe­heerste wip en raak aan die bewe. Dit is ’n bewing soos mense wat nie kan stilsit nie. Soos die man wat voor jou in die lisensie­kan­toor sit en ongedul­dig wag. Dit is net dat my been onwille­keurig so vanself tekere gaan.

Die dag toe die Merce­des-vrag­motor my 1400-bakkie van agter ver­from­mel het, het die bewing vin­nig ingeskop toe ek in die tru­spieëltjie opmerk dat die bekende Merce­des-ken­teken nou baie groot word.

Die los­lpende donkie buite Kuru­man, die onver­wagse voet­ganger in Durban, die olifant wat die motor gestorm het in die natuur­reser­vaat, die dag toe die Renault in Boks­burg gegly het en die keer toe ons twee motors was wat gelyk in ’n baan in Sunny­side inbeweeg het, is almal groot skrik-her­inne­ringe.

Dit gebeur darem deesdae minder gereeld. Dalk is dit die platte­land se minder verkeer. Miskien het my bestuurs­vernuf ver­beter of dalk is my senu­wees nou gedaan, want my linker­been het lank­laas gebewe.

As ’n mens eers so ’n groot skrik op die lyf geloop het, wil jy onmidde­lik versig­tiger bestuur, maar jou bewende voet sukkel om die koppe­laar te beheer.
Veilig bestuur en mag die “groot skrik” min wees!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button