LifestylePets

Inentings beskerm mens en dier

Honds­dol­heid is ’n do­de­li­ke siek­te wat deur ’n vi­rus ver­oorsaak word wat die se­nu­stel­sel aan­tas.

Der­dui­sen­de men­se sterf jaar­liks wêreld­wyd wan­neer hul­le be­smet word deur hon­de, jak­kal­se, vler­mui­se, meerkatte en an­der die­re. Men­se wat nie in­ge­ënt is nie en met honds­dol­heid ge­diag­no­seer word, oor­leef sel­de. Dit is daar­om be­lang­rik om die­re daar­teen in te ent om die ver­sprei­ding van die siek­te te be­perk.

Die de­par­te­ment van land­bou se die­re­gesond­heids­af­de­ling bied jaarl­iks gra­tis in­en­tings vir troe­tel­die­re teen honds­dol­heid­ aan.

Diere kan op Maan­dag 12 Augus­tus van­af 09:00 tot 11:00 by die Al­ma-win­kel ingeënt word en van 11:30 tot 15:30 in die Al­ma-township. Nog ’n span is van­af 09:00 tot 10:00 in Sterk­fon­tein (De Nose-skool) beskikbaar en van 10:30 tot 12:00 by Knop­fon­tein en Twee­stroom. Daar word ook van 12:30 tot 14:30 inentings by die Oase-win­kel in Boeken­hout­kloof gedoen en van 15:00 tot 16:00 by die Heu­ning­fon­tein­winkel.

Inentingings vind op Dins­dag 13 Augus­tus van 09:00 tot 11:00 by Olifants­been (Drie­hoek Voere) gedoen en van 12:00 tot 14:30 by die Groen­fon­tein-hoewes. Van 09:00 tot 16:00 word daar ook die­re in Vaal­wa­ter by die Lesiding-saal ingeënt.

Inentings word op Woens­dag 14 Augus­tus van­af 08:30 tot 16:00 by die pos­kan­toor in Vaal­wa­ter gedoen.

Die span is weer op Don­der­dag 15 Augus­tus van­af 09:00 tot 10:00 by die ou win­kel op Wit­klip en van 10:30 tot 11:00 by Buf­fels­fon­tein. Inentings vind ook van 12:00 tot 13:00 by Bosch­draai en van 13:30 tot 14:30 by Sterk­stroom (Sea Para School) plaas. Op die­self­de dag is daar van 09:00 tot 10:30 ’n span by die Melk­ri­vier­win­kel en van 11:00 tot 13:00 by Su­kses-win­kel, asook van 13:45 tot 14:45 by Drie­fon­tein/Uit­span. Inentings word op Don­der­dag 16 Augus­tus van­af 09:00 tot 10:00 by Rhenos­ter­poort gedoen en van 10:30 tot 13:00 by die Ran­kins­pas-win­kel. Die span is weer van 13:30 tot 15:30 by die ou win­kel in Lou­bad. Van­af 09:00 tot 10:00 is die span by Kra­lingen-win­kel be­skik­baar, van 10:40 tot 11:30 by Wel­te­vre­den (Ron­nie Brink) en van 12:30 tot 14:00 by die Wa­ter­val-pad­stal.

Hou Die Pos dop vir die ko­men­de we­ke se ske­du­le.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button