Local newsNews

Lui­perd doodgery op R101

In­wo­ners bui­te Be­la-Be­la was ge­skok en ver­baas toe ’n jong lui­perd op Vry­dag 26 Ju­lie op die R101-pad tus­sen die ATKV Klein-Ka­ri­ba-va­kan­sie­oord en die Ne­ge­ster-af­tree­oord se af­rit dood­gery is.

Ter­sia du Ples­sis, ’n Ne­ge­ster-in­wo­ner, het aan Die Pos ge­sê sy ver­moed die on­ge­luk het teen ongeveer 06:30 plaas­ge­vind.

Sy en haar man was on­der­weg na Tha­ba­zim­bi toe hul­le ’n groep men­se en die dooie lui­perd langs die pad ge­waar het.

“Die ar­me dier was nog warm. Nie­mand weet hoe of deur wie die dier raak­ge­ry is nie,” het sy ge­sê.

Dit is al­om­be­kend dat lui­perds in die Wa­ter­berg-omge­wing voor­kom.

Ian Nolte, ’n in­wo­ner van die Verloren Lifestyle Estate en na­tuur­ken­ner, het ge­sê gewone wild­hei­nings skrik nie lui­perds af nie. Ge­ë­lek­tri­fi­seerde heinings soos op Verloren kan wel hul natuurlike bewegings beperk.

“Hul­le kan bome klim en so­doen­de oor die hei­nings spring. Man­ne­tjies lê baie kilometer af op soek na kos en na wyfies. Daar is ba­ie bob­be­ja­ne, vlak­var­ke, rooi­bok­ke en ys­ter­var­ke in die omgewing wat graag deur lui­perds gejag word.”

Ko­bus Pie­naar van die de­par­te­ment van plaas­li­ke e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling en toe­ris­me (LEDET) het by na­vraag ge­sê lui­perds is onlangs in die Krans­kop-omgewing gewaar.

“Daar is nog baie luiperds in die Wa­ter­berg, maar mens­li­ke beweging skrik hulle af. Dié betrokke luiperd is waarskynlik per ongeluk raakgery, hoewel die diere deur pro­vin­sia­le en na­sio­na­le wet­ge­wing as ’n be­skerm­de spesie beskou word.”

Hy het voorts ge­sê lui­perds kan slegs met die no­di­ge per­mit­te ge­vang en aange­hou word.

Pie­naar het ge­sê lui­perds is gevaarlike diere en moet in alle gevalle met omsigtig-heid gehanteer word.

“Lui­perds kom al­tyd te­rug na plek­ke waar hul voor­heen was. Dit maak daarom nie al­tyd sin om ’n lui­perd uit sy be­ken­de ge­bied te ver­wy­der en el­ders te hervestig waar hy of sy moet veg om oor­le­wing nie. Ver­al waar an­der lui­perds in ’n ge­bied is, sal hulle die nu­we lui­perd as ’n in­dring­er beskou,” het hy ge­sê.

“Daar is baie voorkomende maatreëls wat mense by lodges, pla­se en woonhuise kan tref om lui­perds uit te hou,” het hy gesê. “Daar is ba­ie leeu­pla­se in die om­ge­wing waar mense leeu­mis kan koop om rond­om hul eien­dom­me te strooi. Dit is ’n natuurlike afskrikmiddel vir lui­perds en is boonop goed­koop.”

Hy het gesê dit ge­beur ba­ie sel­de dat lui­perds men­se aan­val. Die gevaar tree in wanneer die diere vas­ge­keer voel of wanneer ’n wyfie haar werp­sel wil be­skerm.

Indien men­se op ’n lui­perd af­kom wat ’n moontlike gevaar inhou, kan hul­le vir Pie­naar bel by tel. 082 809 8875 of die LEDET-kan­toor in Mo­di­mol­le by tel. (014) 717 3567.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button