EntertainmentLifestyle

Bejaardes beoog groot opskop

Die Naboom Tuiste vir Bejaardes se jaar­likse basaar, wat deur die kerke en gemeen­skap van Mook­go­phong aange­bied word, beloof om van­jaar weer vol pret en plesier te wees.

“Elke jaar sodra die bruid­jies van die Bosveld hul eerste spier­wit bloei­sels vertoon, begin die laaste reëlings vir die groot gemeen­skaps­basaar van die Tuiste vir Bejaardes,” het Toeks Eras­mus, een van die organi­seerders, aan Die Pos gesê.

Inwoners van Mook­go­phong en om­liggende dorpe word genooi na hierdie geleent­heid wat op Sater­dag 7 Septem­ber by die tehuis plaas­vind. Die tafels sal kreun onder die heer­like kerrie-en-rys, poe­dings, koeke, klein­koekies, beskuit, brode, vet­koek met of sonder vleis en wors­brood­jies. Daar sal ook ’n wit olifant-stalle­tjie, pragtige naald­werk, goed­koop vleis en ander lekkernye te koop wees.

Tussen­deur sal daar ’n plate­joggie wees met vrolike skoffel­musiek.

Volgens Erasmus sal ’n ver­skeiden­heid groepe optree. Dit sluit die plaas­like lyn­dansers in en ’n prettige rolstoel­resies wat deur Paul van der Schyff gereël word. “Hier­die is ’n komiese geleent­heid wat mense nie moet mis­loop nie,” het sy gesê. Die motor­fiets­brigade sal ook hul opwag­ting maak om hand by te sit en aan die waag­halsige ouer mense die geleent­heid bied om weer die wind in hul hare te voel.

Alle orga­nisa­sies in die dorp word betrek — van die rolbal­spe­lers tot die boere­vereni­gings, kleuter­skole, kerke, lyn­dansers, inwon­ers en familie­lede van in­woners.

Die voor­skoot­kompe­tisie is een van die hoogte­punte van vanjaar se fonds­insame­ling. Deel­nemers kan ’n voor­skoot maak teen slegs R20 per inskry­wing en die kans staan om R500 te wen. Deel­nemers kan besluit of die voor­skoot vir die tehuis geskenk word of nie.

Die basaar skop om 08:00 af. Daarna volg die rolstoel­wedren om 09:00, die lyn­dansers om 10:00 en 11:00 en die motor­fiets­ryers om 12:00.

Skakel gerus die Naboom Tuiste vir Bejaar­des by tel. (014) 743 0685 vir bydraes, navrae of inskry­wings­vorms vir die voorskoot­kom­petisie.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button