CrimeNews

Mans gesoek wat kan help met saak

Die po­li­sie­on­der­soek na die moord op twee mans van Ra­dium op Sa­ter­dag 17 Au­gus­tus vorder goed.

 

 

Si­mon Ma­le­bane (61) en Da­niël Ngoa­ga­mo­be (59) is op dié dag dood aangetref op die plaas be­kend as Red­wing in die Klip­pan-om­ge­wing.

Ma­le­bane, ’n be­ken­de sa­ke­man en eie­naar van die plaas, is na­by die plaas­huis dood ge­vind. Hy het vermoedelik beswyk nadat hy aangerand is en ernstige beserings opgedoen het, het die polisie gesê. Ma­le­bane was ’n na­week­boer.

N­goa­ga­mo­be, ’n plaas­wer­ker, is dood na­by die plaas­huis gevind met ’n skiet­wond.

Volgens die polisie was albei mans vas­ge­bind.

Die po­li­sie kon so­ver vas­stel dat ’n hand­wa­pen wat glo aan Ma­le­ba­ne be­hoort het, as­ook kon­tant ter waarde van ongeveer R200 000, uit die kluis in die huis gesteel is.

Die po­li­sie het kuns­te­naar­sket­se van drie mans uitgereik wat die polisie kan help in die ondersoek.

Mense met inligting word gevra om kapt. Re­nier Schut­te, on­der­soek­beamp­te, by die Be­la-Be­la-po­li­sie­sta­sie te be­soek of te bel by tel. 082 565 9051, of die stasie by tel. (014) 736 9733/9755.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button