LettersOpinion

Leer uit ander lande se foute

’n Burger­oor­log is op hande. Sulke oorloë word dik­wels om gods­diens­tige, etniese of politie­ke redes gevoer, maar is soms slegs ’n stryd tussen mede­din­gende groepe.

Pieter Duven­hage, Bela-Bela, skryf:

Geagte meneer die president, ek wil graag my mond be­hoorlik uit­spoel.

Wat is aan die gang in ons land? Ons moet maar net toe­kyk hoe ons dorpe en stede ver­woes word omdat die rege­ring net kop weg­draai en nie wet en orde kan hand­haaf nie.

Nou dreig u oor die radio- en tele­visie­nuus met swaarder straw­we en geen borg­tog of parool vir sekere oortre­dings soos moord en verkrag­ting. Met reg ja! Maar ander oortre­dings moet ook vas­ge­vat word.

U dreigemente dra geen water nie, want die mense wat die dade pleeg luister nie radio nie en kyk nie tele­visie­nuus nie.

Julle sit in die parlement en howe en kibbel oor ’n lands­vlag, haat­spraak en grond­vat sonder ver­goe­ding, maar steur julle nie aan plaas­moorde, korrup­sie en wette­loos­heid nie.

’n Burger­oor­log is op hande. Sulke oorloë word dik­wels om gods­diens­tige, etniese of politie­ke redes gevoer, maar is soms slegs ’n stryd tussen mede­din­gende groepe. Die doel van een kant kan wees om beheer oor die land te neem, onaf­hank­lik­heid te bereik en om rege­rings­beleid te ver­ander. ’n Soge­naamde “demo­kratiese” land.

Die stryd kan met ’n bloed­bad gepaard gaan. Dit lei dikwels, soos dit nou die geval is, tot ’n lang, voort­sle­pende stryd.

Dit eis mense­le­wens. Ek het bietjie navor­­sing gedoen omtrent sterftes in burger­oorloë. Sedert 1945 het burger­oorloë tot die dood van meer as 25 miljoen mense, asook die ge­dwonge ver­pla­sing van mil­joene meer, gelei. Dit is skok­kend.

Burgeroor­loë sal en het verder tot die eko­no­miese ineen­stor­ting van verskeie lande soos Somalië, Burma, Uganda, Zim­babwe en Angola gelei. Nou volg Suid Afrika op dieselfde pad. Moet ons nie leer uit die foute van ons buur­lande in Afrika nie?

Beleggers ont­trek hul beleg­gings, muni­sipa­liteite word ten gronde bestuur, korrup­sie is steeds aan die orde van die dag, die lug­rederye stort in duie, brand­stof­pryse skiet die hoogte in en so kan ek talle voor­beelde noem.

Wie ly daar­onder? Ons mense wat belas­ting betaal moet maar op­dok sodat die rege­ring van die dag hulself kan verryk. Asseblief meneer, raak ontslae van die leiers op die sous­trein, onder­steun die boere sodat wit en swart saam hande kan vat, kos op die tafel kan kry, ons land kan opbou en werk geskep kan word tot almal se voordeel en so die beste land in die wêreld kan word.

Related Articles

Back to top button