

diens betrokke en was voor sy uittrede in die Rust de Winter-omgewing gestasioneer. Hy het reeds op Dinsdag 17 September na die buiteland vertrek. Sy vrou en seun, Anzelle en Morné (jnr), beoog om in November by hom aan te sluit. Anzelle is ’n eiendomsagent in die dorp en Morné jnr. is besig met studies in die opvoedkunde en is ’n studenteonderwyser by Laerskool Warmbad. Op die foto is die gesin by die OR Tambo-lughawe toe Morné oorsee vertrek het.




