CrimeNews

Man ge­von­nis ná beesdiefstal

’n Ver­dag­te is die af­ge­lo­pe week in die Be­la-Be­la-land­dros­hof tot 18 maan­de tronk­straf ge­von­nis na­dat hy en twee an­der mans in 2018 daarvan aan­ge­kla is dat hul­le ’n be­ken­de po­li­sie­man van Be­la-Be­la se beeste ge­steel het.

Luidens die klagstaat is Jan Mok­we­na (53), Jef­frey Letl­ha­ka (32) en wy­le Har­dus van der West­hui­zen (58) in No­vem­ber 2018 in­ heg­te­nis ge­neem op aan­klag­ van vee­dief­stal na­dat beeste wat aan sers. Frans Sek­go­be­la van die Be­la-Be­la-po­li­sie be­hoort het, glo in hul be­sit ge­vind is.

Mok­we­na en Letl­ha­ka is die­self­de maand elk op bor­gtog van R2 000 vry­ge­laat.

Kort na­dat Van der West­hui­zen op R1 000 borgtog vrygelaat is, is hy egter in ’n Mo­ko­pa­ne-hos­pi­taal dood. Daar is destyds beweer dat hy aangerand en in­wen­di­ge be­se­rings opgedoen het. Sy seun, Danie, is aanvanklik ondervra en met die aanrandingsaak verbind, maar hy is vroeër vanjaar deur die hof vrygespreek op alle aanklagte teen hom.

Die hof het op Maan­dag 30 Sep­tem­ber uit­spraak ge­le­wer in die diefstalsaak teen Mok­we­na en Letl­ha­ka.

Mok­we­na is skul­dig be­vind op aanklag dat hy drie bees­te ge­steel het en is tot 18 maan­de tronk­straf ge­von­nis. Letl­ha­ka is on­skul­dig be­vind en vry­ge­laat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button