CrimeNews

Po­li­sie stel on­der­soek in ná on­ge­luk­ke

Die Be­la-Be­la-po­li­sie is besig met onder­soeke na twee afson­derlike motor­onge­lukke in die dorp wat groot op­spraak verwek het.

In die eerste onge­luk het in­woners verstom gekyk na video­mate­riaal waarin ’n vroulike bestuur­der van ’n wit Toyota For­tuner talle ge­bou­stru­ktu­re van die Be­la-Be­la Su­per­spar-sentrum (reg voor die Tops-drank­winkel) aan flarde gery het. Twee stil­staande voer­tuie is ook beska­dig.

In die tweede voor­val is A­let Cron­jé (64) van Bela-Bela dood ná ’n onge­luk op die hoek van Chris Ha­ni­straat en Pre­to­ria­weg.

Meer as ’n maand ná die on­geluk by Super­Spar het die polisie steeds nie­mand aange­kla nie. ’n Digte sluier is oor die voor­val getrek en Die Pos se navrae oor wat presies dié aand gebeur het, het niks opge­lewer nie. Die polisie wou geen inligting oor die vrou, wat glo van Gau­teng kom, verskaf nie.

Die polisie het egter kort ná die voor­val aan Die Pos gesê hulle het geen rede gevind om die vrou se bloed­alkohol­vlak te toets nie omdat sy nie onder die invloed van alko­hol voor­ge­kom het nie. Kol. A­bel Phet­la, sta­sie­be­vel­voer­der, het egter die afgelope week by na­vraag aan Die Pos gesê dat die po­li­sie intussen besluit het om wel ’n saak van roe­ke­lo­se en/of na­la­ti­ge be­stuur teen die vrou te on­der­soek. Sy is egter nie aangekla nie.

Dié voor­val het tot ’n ver­dere trage­die gelei toe Ger­rie van der West­hui­zen (64), ’n be­ken­de in die bou­bedryf, op die per­seel dood is toe hy bes­ig was om ’n ska­debepaling te doen. Hy het op ’n leer gestaan en die skade bekyk toe hy vermoe­delik ’n hart­aan­val gekry en van die leer getuimel het.

Die po­li­sie het die afgelope week aan Die Pos gesê dat hulle ook ’n saak van straf­ba­re man­slag ondersoek na die ongeluk waarin Cron­jé gesterf het. Sy en haar dog­ter was op Vry­dag 1 No­vem­ber in hul wit Dai­hat­su in ’n botsing met ’n Nis­san-bak­kie be­trok­ke.

Cron­jé is aanvanklik in die Warm­bad-hos­pi­taal opgeneem en daarna na Po­lok­wa­ne oorgepaas. Sy is drie dae ná die ongeluk oorlede.

Die be­stuur­der van die bak­kie, wat on­ge­deerd van die on­ge­luk af­ge­kom het, is glo van die Noord-Kaap. Vol­gens die po­li­sie word daar steeds op die uit­slag van Cron­jé se lyk­skou­ings ge­wag en by­komende verkla­rings moet ook van ge­tui­es ge­neem word omdat daar glo verskeie weer­gawes is van wat op dié to­neel gebeur het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button