Lifestyle

Gaan voertuig na voor lang rit­te

Met die va­kan­sie op han­de sal dui­sen­de mo­tor­ry­ers die lang­pad vir ’n weg­breek of fa­mi­lie­kui­er aan­durf.

Ba­ie voer­tuig­eie­naars laat hul voer­tuie voor so ’n lang rit diens, maar ’n deeg­li­ke in­spe­ksie moet ook uit­ge­voer word.

Som­mige werk­tuig­kun­di­ges het die swak ge­woonte om ty­dens ’n diens slegs die o­lie en fil­ters te ruil.

Daar is eg­ter ’n lang lys dinge wat na­ge­gaan moet word. Voer­tuig­eie­naars word aan­ge­raai om daarop aan te dring dat werk­tuig­kun­diges deur ’n ske­du­le werk en ’n deeg­li­ke in­spek­sie van die voer­tuig doen.

Die vol­gen­de moet ge­reeld en ver­al voor lang rit­te na­ge­gaan word:

  • Vloei­stofvlak­ke, o­lie, rem­vloei­stof en ver­koe­ler­vlak­ke moet na­ge­gaan word. In­dien ver­koe­ler­vlak­ke ge­reeld te laag is, be­te­ken dit dat die vloei­stof êrens die sis­teem ver­laat. Die sis­teem moet deeg­lik na­ge­gaan word vir lek­ke, aan­ge­sien te min ver­koe­ler­vloei­stof tot oor­ver­hit­ting of ’n ge­bars­te ver­koe­ler kan lei.
  • Va­kan­sies be­gin dik­wels met ’n vroeë og­gend­­rit en daar­om moet die lig­te be­kyk word.
    Maak se­ker die lig­te werk be­hoor­lik en is reg ge­stel. Rem­lig­te wat ou­er lam­pe ge­bruik se le­wens­duur is re­de­lik kort.
  • Spuit wa­ter op die voor­ruit en kyk of die ruit­veërs be­hoor­lik werk. Bestee eerder geld op goeie gehalte veërs as om le­wens te waag.
  • Ban­de en wie­le is baie belangrik. Die ban­de se druk moet ge­reeld na­ge­gaan word, maar kyk ook na die loop­vlak van die ban­de. Is daar vol­doen­de loop­vlak, is daar ska­de, glad­de op­per­vlak­tes of on­ge­ly­ke de­le? Moe­nie die spaar­wiel ver­geet nie.
  • As ’n mo­tor skuins trek indien die rem getrap word, kort dit dring­end aan­dag. Rem­blok­ke moet na­ge­gaan en ver­vang word.
  • Krag word met be­hulp van ’n belt op­ge­wek en die ver­koe­ler­vloei­stof se sir­ku­la­sie maak op die belt staat. ’n Ge­bree­kte belt kan ’n mo­tor bin­ne ’n kort af­stand on­klaar maak.
  • Ont­hou om ge­reeld stil te hou. Ge­bruik ook dié ge­leent­heid om die voer­tuig na te gaan.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button