Lifestyle

Maak se­ker van die korrekte o­liegraad

Die soort o­lie wat voer­tuie aan die gang moet hou, kan ’n groot ver­skil maak.

Die soort o­lie wat voer­tuie aan die gang moet hou, kan ’n groot ver­skil maak.

O­lie word ge­klas­si­fi­seer vol­gens ’n skaal wat ge­grond is op die vloei­stof se weer­stand teen vloei.

O­lie­klas­se se eers­te sy­fer dui op die weer­stand teen vloei by 0ºF. Die W staan vir win­ter. Die twee­de sy­fer is die weer­stand teen vloei ge­meet teen 100º C.

Hoe hoër ­die ge­tal­le, hoe “dik­ker” is die o­lie. Dun o­lie is no­dig om vin­nig te ver­sprei on­der la­e tem­pe­ra­tu­re so­dat al­le de­le van die en­jin vol­doen­de sme­ring kan kry.

Weer­stand teen vloei by hoër tem­pe­ra­tu­re is no­dig so­dat o­lie lang­er teen die op­per­vlak­tes kleef om ook vol­doen­de sme­ring te bied.

Raad­pleeg al­tyd ’n voer­tuig se hand­lei­ding om te ver­se­ker dat die reg­te graad o­lie ge­bruik word.

Wan­neer ver­skei­e gra­de aan­be­veel word, be­hoort die “dik­ker” o­lie ge­bruik te word om­dat ons in ’n warm om­ge­wing woon. Voer­tui­e wat reeds ba­ie ki­lo­me­ter ge­ry het, kan baat by ’n o­lie wat as high milage be­mark word. Hier­die o­lies spog ge­woon­lik met hoë vis­ko­si­teit en het by­mid­dels wat seëls her­stel.

  • Paul Smith is ’n motor­lief­heb­ber, gesins­man en eie­naar van die Spur in Bela-Bela.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button