Agt Bela-Bela-matrieks van 2019 het op Vrydag 31 Januarie elk R10 000 ryker geword tydens die jaarlikse burgemeesterstoekenningsgeleentheid wat deur die Bela-Bela-munisipaliteit aangebied word. Die prysgeld mag slegs vir studiedoeleindes gebruik word. Christiaan Vosloo van Hoërskool Warmbad het ’n verdere R5 000 kontantprys losgeslaan nadat hy as die beste akademiese leerder in Bela-Bela aangewys is. Die ander leerders wat kontantpryse ontvang het, was Otshepegile Bapela (Batho Pele School), Thabo Mothokwa (Bela-Bela High School), Karabo Maoto (Maope High School), Karistu Froliana (Vingerkraal Secondary School), Tebatso Mabunda (Raeleng High School), Hendric Aphane (Ulando Combined School) en Corné de Jonge (Hoërskool Warmbad). Nog ’n leerder, Nadia Terblanche (Hoërskool Warmbad), het ’n vaktoekenning gewen. Op die foto is Betty Lamola (personeellid van Hoërskool Warmbad), Makoma Thabethe (kringbestuurder van die departement onderwys), Christiaan Vosloo (topleerder) en Jeremiah Ngobeni (Bela-Bela-burgemeester) tydens die oorhandiging.
Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle spog vanjaar met hul eerste gr. R-klas. Op die foto kan die klein maters op die skool se klimraam gesien word. Ilse Smit, onderwyser, hou ’n wakende oog. Foto: Herman Steyn