Die foto “Lunch in view”, wat deur Dorette Nel geneem is, het tydens die Bosveld-fotografieklub se Januarie-byeenkoms ’n merietesertifikaat ontvang in die kategorie vir vaste onderwerp: fotosamestelling. Die foto’s is beoordeel deur Alta Oosthuizen van die Pretoria Photographic Society. Die klub kom een keer per maand in Modimolle byeen. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com(.)