Laerskool Nylstroom is baie trots op hul grondslagfasekoor wat deur is na die finale ronde van die landwye Sing in Harmonie-kompetisie wat op Maandag 24 September by die Silverstar Casino in Krugersdorp plaasvind. Sing in Harmonie is die grootste skoolkoorkompetisie in die land en word op kykNET uitgesaai waarna kykers vir hul gunstelingkoor kan stem. By die koor staan Elda Thiart en Sanet Diamond, koorleiers.
Mijanke Blignaut en Anri du Preez van die Hoërskool Warmbad-musieksentrum het op Saterdag 9 Junie aan die Kids with Talent Suid-Afrikaanse kompetisie in Pretoria deelgeneem en puik presteer. Mijanke het goud vir blokfluit ontvang en was ook die algehele kategoriewenner. Anri het goud in klavier ontvang en was ook die algehele kategorie-wenner. Op die foto is Mijanke, Susan Brümmer, hul afrigter, en Anri.