Local newsNews

Die Pos-fotograaf sterk goed aan ná heupoperasie

Herman is ernstig beseer tydens ’n gru-ongeluk in Maart verlede jaar naby Krugersdorp.

Herman Steyn, Die Pos se veelbekroonde fotograaf, het vandeesweek ’n heupvervanging in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg ondergaan.

Hy is ernstig beseer tydens ’n gru-ongeluk in Maart verlede jaar naby Krugersdorp. Talle lesers van Die Pos en ander weldoeners het geld ingesamel om dié operasie, wat deur ’n privaat dokter gedoen is, moontlik te maak.

Volgens Steyn is die dokter en fisioterapeut baie tevrede en behoort hy voor die einde van die week ontslaan te word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button