Local newsNews
Die Pos-fotograaf sterk goed aan ná heupoperasie
Herman is ernstig beseer tydens ’n gru-ongeluk in Maart verlede jaar naby Krugersdorp.
Herman Steyn, Die Pos se veelbekroonde fotograaf, het vandeesweek ’n heupvervanging in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg ondergaan.
Hy is ernstig beseer tydens ’n gru-ongeluk in Maart verlede jaar naby Krugersdorp. Talle lesers van Die Pos en ander weldoeners het geld ingesamel om dié operasie, wat deur ’n privaat dokter gedoen is, moontlik te maak.
Volgens Steyn is die dokter en fisioterapeut baie tevrede en behoort hy voor die einde van die week ontslaan te word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



