Michelle Rootman se foto “Stillewe” het ’n merietetoekenning in die driester-afdeling tydens die Warmbad-fotografieklub se Oktober-byeenkoms gewen. Die Warmbad-fotografieklub vergader elke eerste Dinsdag van die maand in die AP-kerksaal op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan en almal is welkom. Vir meer inligting bel vir Lucille Swart by tel. 076 349 2554 of vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.