GalleriesSchools galleries

Laerskool Vaalwater se bestes vereer

Laerskool Vaalwater het einde November hul spogprysuitdelingsgeleenthede gehou. Leerders se harde en toegewyde werk is bekroon met pragtige trofeë, sertifikate en toekennings.

Die hoofleiers vir 2019 is ook op hierdie geleentheid bekend gestel.

Johann Kritzinger is ’n jongman met vele talente. Hy het die trofee verower as beste bulletjierugbyspeler en sy akademie kry ook voorkeur. Hy het ’n platinumtoekenning vir akademie en ’n sertifikaat vir uitstekende wiskunde-prestasies behaal.

 

Kiran Mnisi (gr. 5) het die junior tennisspeler van die jaartoekenning ontvang. By haar is die bekende tennisafrigter van Vaalwater, Rosa Joubert, wat die toekenning oorhandig het.

 

Dermioné Bodenstein (gr. 3) het vanjaar geskitter. Sy was die skool se junior Vixtrix Ludorum in atletiek en is ook aangewys as beste junior netbalspeler. Sy het ’n platinumtoekenning vir aka-demie verower en die Lamp of Knowledge-toekenning ontvang omdat sy vir drie agtereenvolgende jaar ’n gemiddeld van 80% en hoër in al haar vakke behaal het.

 

Stefan Swanevelder, hoofseun van 2018, was ’n staatmaker en het op baie gebiede sy skool se naam uitgedra. Hy het die toekennings ontvang as tennis-speler van die jaar. Hier staan ’n trotse Stefan nadat Rosa Joubert, tennis-afrigter van Vaalwater, sy toekennings oorhandig het.

 

Marisha Benadé het vanjaar skoonskip gemaak by Laerskool Vaalwater se prysuitdeling en met arms vol toekennings weggestap. Hier sit sy by haar trofeë. Sy is aangewys as die skool se toppresteerder in akademie in gr. 7, senior netbalspeler van die jaar, skooltenniskampioen van die jaar, staatmaker van die jaar en Valie van die jaar.

 

’n Verheugde Kyra le Roux is as hoofmeisie vir 2019 by Laerskool Vaalwater aangewys. Kyra is ook as senior kultuurleerder aangewys. Sy het vanjaar aan netbal, hokkie en tennis deelgeneem en was die toppresteerder in al haar akademiese vakke. Hier steek Leanie du Toit, hoofmeisie van 2018, haar balkie vas. Die leiers vir 2019 is Charné Verster, Joy Mokgoto, Janes Snyders, Almica Snyders, Frikkie Grobler, Makayla Keating en Jessica van der Watt.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button