Atletiekseisoen is om die draai. Hoërskool Vorentoe van Johannesburg het vanjaar vir die 26ste jaar aan ’n atletiekkamp saam met Laerskool en Hoërskool Warmbad se atlete deelgeneem. Die kamp is van 2-5 Januarie in Bela-Bela gehou. Op die foto, wat tydens die kamp geneem is, is ’n paar van die Warrie-atlete wat lesers gerus vanjaar in die atletiekseisoen kan dophou.