Klub 60 in Bela-Bela se lede het op Donderdag 18 April buite die dorp bymekaar gekom vir ’n lekker braai en gesellige kuier. Die belangstelling in dié klub groei en daar moes inderhaas nog stoele uitgedra word. Volgens die bestuur van die klub is daar ’n groot behoefte onder mense ouer as 60 wat nuwe vriende wil maak. Op die foto is van die lede tydens die laaste gesellige kuier. Vir navrae oor die klub, bel vir Leonie Lombard by tel. 083 666 2754.