Local newsNews

Kansa Relay for Life om die draai

’n Agt uur lange staptog om be­wus­ma­king van kan­ker te skep, vind eers­daags in Bela-Bela plaas.

Die Kan­ker­ver­eni­ging van Suid-Afri­ka (Kan­sa) se jaar­lik­se Relay For Life word op Sa­ter­dag 19 Ok­to­ber by Hoër­skool Warm­bad ge­hou. Van­jaar gaan die staptog net ’n agt uur lange af­los wees en nie ’n deur­nag-staptog nie.

Die or­ga­ni­sa­sie nooi in­wo­ners om deel te neem en bewus te raak van die rol wat Kan­sa in die ge­meen­skap speel en hoe om hul ri­si­ko vir dié siek­te te ver­laag. Die he­le ge­sin kan aan die staptog deel­neem.

Van­jaar se te­ma is “Celebrate our Survivors”.

Die ge­leent­heid skop af met men­se wat kan­ker oor­leef het. Hulle sal tus­sen 16:00 tot 17:45 met ’n lek­ker ete be­derf word.

Die af­los spring om 18:00 weg met kan­ker­oor­win­naars wat die eers­te rondte sal stap. Daar­na is hul ver­sor­gers aan die beurt — dus enigeen wat kan­ker­ly­ers by­staan of voorheen by­ge­staan het, het An­sie van Heer­den, Kan­sa se ge­meen­skaps­mo­bi­li­seer­der, ge­sê.

Daar­na word die span­ne aan­ge­kon­dig en be­gin die af­los met ver­skeie tema­­rond­es, wat beloof om groot pret te wees.

Die span­ne met die bes­te gees en bes­te stal­le­tjie word be­paal deur ’n span­stem soos in die ge­wil­de TV-werk­lik­heids­reek­se.

Die Lu­mi­na­ria-se­re­mo­nie, wat om 20:00 plaas­vind, sal baie spesiaal wees wan­neer al­le lig­te ge­doof word en men­se ’n kers kan aan­steek ter ere aan iemand wat aan kan­ker dood is of tans kan­ker­be­han­de­ling ontvang.

Daar sal ook kos­stal­le­tjies wees om die honger mae te stil.

Toe­gang be­loop R50 vir be­soe­kers en R20 vir hoër­skool­leer­ders. Laer­skool­leer­ders hoef slegs ’n do­na­sie te maak.

Spanin­skry­wings vir die af­los be­loop R100 vir vol­was­se­nes, R50 vir hoër­skool­leer­ders en laer­skool­leer­ders kan ook net ’n do­na­sie gee.

Alle an­der borg­skap­pe en do­na­sies is wel­kom.

“Ons nooi on­der­ne­mings en groe­pe om so gou moont­lik die ko­mi­tee­le­de te na­der vir in­skry­wings­vorms,” het Van Heer­den ge­vra.

Vir meer in­lig­ting ska­kel tel. 074 149 2217 of tel. 076 409 4444. Vir span­wer­wing ska­kel tel. 072 716 9397 of tel. 083 785 3942.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button