Lifestyle

T-Cross laat die wenkbroue lig

Met die ge­wild­heid van nuts- en kruis­voer­tuie is die op­ge­won­den­heid groot in af­wag­ting op die be­skik­baar­heid van elke nuwe model.

Volks­wagen se Polo-reeks is nog altyd ’n ui­ters gewilde motor wat ons mark­ver­kope saam met die Hilux en For­tuner oorheers. Nou, met die nuwe T-Cross, maak Volks­wagen dit nog moei­liker vir ander ver­vaar­digers om mee te ding. Die T-Cross is juis op die sukses­volle Polo gegrond en sal met modelle soos Ford se Eco Sport mee­ding.

Die eerste eie­naars behoort binne­kort agter hul nuwe Volks­wa­gens se stuur­wiele in te skuif. Op Volks­wagen se web­tuiste kan ’n motor egter vooraf be­spreek word, wat kopers sal ver­seker dat hier­die oulike buksie eerste in hul motor­huis staan.

Die T-Cross is toe­gerus met alles wat jong, moderne kopers in ’n motor soek. Puik klank­stel­sels en ’n lang lys nuwe tegno­lo­giese toe­passings sal kopers, of hul kin­ders, lank kan besig hou. Daar is onder meer ’n nuwe Volks­wagen-data­stelsel wat ’n verskei­den­heid inligting van die motor na ’n ge­bruiker se selfoon stuur. Dit sluit diens­inlig­ting en brand­stof­verbruiksyfers in.

Kopers kan hoë ge­halte afwer­king van die Volks­wagen se binne­ruim ver­wag en die nuwe digi­tale instru­ment­paneel is ook baie gewild.

Die eerste modelle sal deur ’n 85 kW 3-silin­der met ’n kapa­siteit van 1000 cc aange­dryf word. Later word ’n goed­koper 70kW en ’n vlag­skip 1 500 cc met 110kW ver­wag.

Soos ver­wag is veilig­heid baie belang­rik en die T-Cross het reeds vyf sterre in Europa behaal. Tog word die prak­tiese aspekte nie afge­skeep nie en is daar plek vir 377 liter ba­gasie.

Pryse begin onder R340 000 en daar word ver­wag dat hierdie aan­treklike nuwe­ling nie lank na eie­naars sal soek nie.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button