Michal Groenewald, Vryheidsfront Plus-LP en hoofwoordvoerder: Samewerkende regering, skryf:
Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (CoGHSTA) erken dat politieke inmenging vordering kniehalter by munisipaliteite wat onder Artikel 139-administrasie geplaas is.
Parks Tau, adjunkminister van CoGHSTA, het op Donderdag 12 September voor die nasionale raad van provinsies (NRP) voorbeelde gegee van munisipaliteite waar ingegryp is, maar waar daar weens politieke inmenging geen verbetering is nie.
Tau het erken dat faksiegevegte binne die ANC politieke onstabiliteit en wanfunksionele rade die redes vir onsuksesvolle Artikel 139-ingryping is.
Tot 40 munisipaliteite is tans onder administrasie en die adjunkminister meen politieke ingryping is nodig.
Dit sal net suksesvol wees indien die ANC interne politieke stappe teen korrupte en onbevoegde burgemeesters, raadslede, rade en amptenare doen en van hulle ontslae raak. Die ANC hou egter aan om Apartheid die skuld te gee vir Suid-Afrika se probleme.
Tau se erkenning ontbloot die ANC se apartheid diskoers as goedkoop verskonings vir sy eie mislukkings. (Brief verkort. — Red.)



