Local sportSport

Plaaslike ruiters vaar goed in provinsiale uithourit

Vier rui­ters van die Wa­ter­berg-uit­hou­rit­klub het aan die Lim­po­po-uit­hou­rit­kam­pioen­skapdeelgeneem en twee van hul­le het as wen­ners weg­ge­g­alop.

Die kompetisie is die afgelope na­week deur die Le­tha­ba-uit­hou­rit­klub aan­ge­bied. Die rit is by die Ca­pri­corn-klub gehou aan­ge­sien dit meer sen­traal vir die Lim­po­po-rui­ters was.

Die plaas­li­ke rui­ters wat op­ge­saal het, was Ma­riet­jie van der Mer­we wat 40 km op Deo Gratias Anna­bella afgelê het en Ja­ni Sta­pel­berg van die Wa­ter­berg­skool vir CVO wat ook 40 km op Comarde Al-Shama afgelê het.

Schalk van der Mer­we op Deo Gratias Roi was die Lim­po­po-kam­pioen in die stan­daard­ge­wig-af­de­ling van die 80 km-wedloop. Lize Sta­pel­berg, ook van die Wa­ter­berg­skool, was die Lim­po­po-wen­ner in die kin­der­rui­terka­te­go­rie oor die­self­de af­stand op Deo Gratias Yadviqa. Die per­de het baie goed gevaar onder warm en be­dom­pi­ge weers­om­stan­dig­he­de, het Ma­rie­tjie van der Mer­we van die Wa­ter­berg-uit­hou­rit­klub, ge­sê.

“Vanjaar se uit­hou­rit­te is nou af­ge­han­del en die per­de kan lek­ker rus totdat die vol­gen­de sei­soen ein­de Ja­nua­rie 2020 begin. Ons klub sien uit na ’n baie be­lo­wen­de sei­soen met rui­ters wat graag wil deel­neem en hul per­de wil laat oefen.”

Related Articles

Back to top button