BlogsOpinion

Hoofartikel: Nou weet ek

Nou weet ek hoe die mense in die Vere­nigde Konin­kryk gevoel het toe Winston Churchill op 3 September 1939 aangekondig het dat dié land oor­log teen Duitsland ver­klaar.

Toe ek Sondag­mid­dag 22 Maart my oudste dogter groet nadat sy en haar man die afge­lope naweek by ons deur­ge­bring het, het ek skielik ge­weet hoe my skoon­ma 30 jaar gelede gevoel het toe sy drie van haar vier seuns op die stasie ge­groet het — al drie op pad grens toe.

Want die “op­roep” het al Sondag­mid­dag op my kind se foon deur­ge­kom. Die bood­skap dat alle dok­ters wat vir die regering werk, “opge­roep”’ word om te help veg teen die Covid-19-oorlog. Dat hulle her­ontplooi kan word na waar die regering hulle die no­dig­ste het.

 

Foto: flickr

 

En toe ons pre­sident op Maan­dag­aand 23 Maart aan­ge­kon­dig het dat die land vir 21 dae in al­gehele af­sonde­ring moet verkeer, was ek, soos die res van die wêreld en die land, bang. En hoewel ons oorlog hierdie keer nie teen vlees en bloed is nie, is dit steeds ’n oor­log.

Nou weet ek hoe die mense in die Vere­nigde Konin­kryk gevoel het toe Winston Churchill op 3 September 1939 aangekondig het dat dié land oor­log teen Duitsland ver­klaar.

Nou weet ek hoe ver­skrik­lik afhank­lik mense regtig van me­kaar se goed­heid en same­wer­king is.

Ek weet nou dat oorlog ’n gelyk­maker is. Oor­log sien nie ryk en arm raak nie en ons vriende en familie wat nou in ander dele van die wêreld woon, is net so bang soos ons hier aan die suid­punt van Afrika.

Ek weet ook nou hoe dit voel om trots op ’n president te wees. Want Maandag­aand was Cyril Ramaphosa Suid-Afrika se Churchill.’n Leier wat opge­staan het in ’n tyd wat ’n land dit die nodigte ge­had het.

Ek weet ook dat niks vir ewig aan­hou nie.

Ek weet ook dat ons sal seë­vier.

Toe my kind vroeg Dins­dag­og­gend ’n gedig aanstuur wat deur een van haar kol­le­gas geskryf is, het ek ook geweet dat ’n mens nie in oorlogs­tyd keuses het nie.

To the doctors: We’re done being worried and freaking out, but this war is here.

We see the sails of the enemy ships on the horizon.

We hear their drums. It seems likely coronavirus will engulf us, but we will prevail. A lot of us are not coming back from this fight.

There’s no use denying that.

Their are no prizes either; our patients never loved us anyway. But we will give our best until the cuff is deflated.

We may not have volunteered for this, but we will answer the call.

Ek weet al hierdie dinge nou. Ek weet ook dat ek oor 21 dae sal trots wees op Suid-Afrikaners wat, soos ons dok­ters, gehoor gegee het aan ons land se roep­stem deur werklik in afsondering te gaan.

Related Articles

Back to top button