Local newsNews

Die Pos se voorblaaie vertel die verhaal…

Die Covid-19-virus het soos ’n nagmerrie nader gesluip en die hele wêreld onverhoeds betrap.

Die Pos se laaste vyf voorblaaie vertel hoe dié verhaal ontvou het:

1. Die voorblad van 6 Maart wys hoe Bosvelders niksvermoedend Bosveld Interhoër hou en skolenuus nog koning kraai. Talle atlete oefen kliphard met die oog op die jaarlikse Suid-Afrikaanse-skoleatletiekkampioenskap.

 

2. Op 13 Maart se voorblad waarsku Die Pos bo regs in die hoekie dat Suid-Afrikaners, net soos die res van die wêreld, asem ophou om te kyk waar die gevreesde koronavirus volgende gaan toeslaan.

 

3. Die voorblad van 20 Maart lyk soos iets uit ’n distopiese fliek: Grizél Lepart, Hoërskool Warmbad se hoofmeisie, stap met ’n masker op die verlate skoolterrein nadat skole landwyd inderhaas hul deure moes sluit.

 

4. Die Pos van 27 Maart wys die bekommerde werkers van Die Pos en ons susterspu-
blikasie, The Beat, met maskers en handreiniger. Ons het toe pas die nuus verneem dat die media as noodsaaklike diens aangewys is en dat ons daarom — onder streng maatreëls — mag voortgaan om die nuus aan Waterbergers te bring.

 

5. Die Pos sluit sy kantoordeure dig ná die verskyning van dié koerant op 3 April. Die koerantspan bring steeds vir lesers aanlynnuus, maar werk van hul onderskeie huise af. Vyf weke verloop voordat daar weer ’n gedrukte weergawe van Die Pos op straat verskyn. Duisende sakeondernemings se deure is egter landwyd steeds dig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button