Die gemeenskap het tot Maandag 11 Junie om beswaar te maak. Die kragverskaffer het in ’n kennisgewing wat in Die Pos gepu-bliseer is, gesê die kragtoevoer word vanaf Vrydag 29 Junie onderbreek. Die krag sal tydens die eerste week van 06:00 tot 09:00 en van 17:00 tot 20:30 afgeskakel word en oor naweke van 08:30 tot 12:00 en van 15:00 tot 19:00. Die tweede week sal meer drasties wees en die krag sal elke dag vir 14 uur af wees — van 06:00 tot 20:00.
“Die Waterberg-sakekamer sal voortgaan om ’n aansoek teen die provinsiale LUR vir tesourie en die nasionale tesourie in te dien om die regering te verplig om by die bestuur van die munisipaliteit in te gryp met die oog om dit onder sakeredding te plaas,” het die sakekamer in ’n brief aan sy lede gesê.
Hulle beoog ook om ’n beswaar by Eskom in te dien waarvan ’n ekonomiese impakstudie oor die uitwerking wat die voorgestelde beurtkrag op dorpe sal hê deur die bekende ekonoom Mike Schussler gemaak sal word.
Diegene wat wil bydra tot die sakekamer se regskostes kan donasies direk aan die sakekamer maak by Waterberg-sakekamer, FNB Modimolle takkode 260-247, tjekrekening 62360638814, met die verwysing Eskom Regs of donasies direk in die prokureurs se trustrekening deponeer: Cilliers & Reynders Ing, Absa Besigheidsbank, rekeningnommer 40-5250-0737, takkode 632005, verwysing MAT 32720.
Vir meer inligting of om by te dra bel vir Wiets Botes by tel. 083 501 0079, Jan Koelewyn by tel. 082 873 7678 of Gerhardt Breytenbach by tel. 083 325 7428.
’n Voorbeeld van hoe die beswaar aan Eskom moet lyk, is op die sakekamer se webwerf by www.waterbergsake.co.za beskikbaar. Besware kan tot en met 11 Junie gestuur word aan LPExecActionTeam@eskom.co.za of gepos word aan Eskom Holdings, privaatsak x9477, Polokwane, 0700.



