Local newsNews

Die Pos word ‘n hele 36 jaar oud

Die Pos het op Maandag 8 Oktober ons 36ste verjaardag gevier. Só het ons heel eerste voorblad op Vrydag 8 Oktober 1982 gelyk.

Die hoofberig was oor waterbeperkings in die destydse Warmbad. Daar was ’n foto by van drie seuns wat in die dorpsdam swem.

Die onderskrif het gelees: “Kinders speel in die koel lewenskrag van die water, maar — op die voorgrond kan die brak grond gesien word waar eens water was.

Inwoners van Warmbad word versoek tot samewerking.” Een van dié kannetjies wat 36 jaar gelede daar in die dorpsdam rondgeplas het, is Johan Momberg, deesdae verbonde aan die SAPD in Bela-Bela.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button